Rikus Kylander (18) ‘n matrikulant van Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp, word steeds gesoek nadat hy op 18 Desember in Ponta Da Oura, Mosambiek, vermis geraak het. Hy het omstreeks 13:00 saam met ‘n groep vriende gaan snorkel en het nie weer uit die water gekom nie.
Anzel en Donovan Kylander, Rikus se ouers, het na Mosambiek gereis om met die verskeie soektogte te help. ‘n Skarebefondsingsprofiel is op die been gebring om sy familie met die koste van soekoperasies te help. Uitgebreide soektogte ter see, lug en land is oor ‘n groot gebied van die SA-grens tot by Dobela uitgevoer. Verskeie vakansiegangers het daaraan meegedoen.
Rikus was in ‘n vlootblou kortbroek met ‘n snorkelbril geklee. Hy is by die Mosambiekse polisie as vermis aangemeld.
Indien enigiemand weet waar Rikus hom bevind, word hulle gevra om die volgende nommers te bel. Anzel: +27 82 775 5426, Clarise: +27 82 659 0238, Liesel: +27 83 237 6228, Piet: +27 78 996 9392 en Dawn Gounden (Renegades Search & Rescue): +27 74 712 5855
Bronne: Clarise Kylander, BackaBuddy, ArmKo Security, eblockwatch, Renegades Search and Rescue





