Soektog na twee vermiste mans in Low’s Creek duur voort

Lees ook :

Foto's: Mpumalanga Tourism and Parks Agency en SAPD

MPUMALANGA. – Twee mans van Pienaar het om ‘n rede wat ondersoek word, die afgeleë gebied in die berg van Low’s Creek buite Mbombela (Nelspruit) besoek en vermis geraak. Daar word nog na hulle gesoek.

Kol. Donald Mdhluli sê die twee het reeds verlede week in die gebied vermis geraak, waarna na hulle gesoek is. Omdat die beboste, afgeleë en uitdagende gebied onbegaanbaar is, moes die polisiehelikopter Donderdag vir die soektog ingespan word. Die soektog het tot dusver niks opgelewer nie.

Enigiemand met inligting oor die vermiste persone word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief