OOS-KAAP. – ‘n Student (22), oorspronklik van Limpopo, wat tans in Makhanda woon, word deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesoek, nadat hy vandag (Vrydag) by East Beach in die branders vermis geraak het.
Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, sê in ‘n verklaring aan Nuusflits volgens inligting het twee mans en ‘n vrou, almal studentevriende, van die Rhodes Universiteit gaan swem toe hulle vermoedelik deur ‘n stroom meegesleur is. Een man en die vrou kon daarin slaag om hulself na veiligheid te bring. Hulle is nie beseer nie, maar hulle vriend was vermis. Omstreeks 01:45 is NSRI-Port Alfred oor die vermiste persoon ingelig, waarna die reddingspan, insluitend reddingswemmers, ’n reddingsvoertuig, die polisie en Multi Security ‘n soektog geloods het. Die man is ondanks die omvattende see-en-kuslynsoektog steeds vermis.
Die polisie het ’n ondersoek geopen.
Lambinon sê die twee oorlewendes het privaatheid versoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





