SPANJE. – Die 28-jarige Portugees en Liverpool FC-speler, Diogo Jota, en sy broer, Andre Felipe, is vanoggend in ’n motorongeluk in Spanje oorlede.
Lees ook: Veldbrand op Griekse eiland veroorsaak massa-ontruiming
Die broers het net na middernag in Cernadilla, Zamora gery toe hulle Lamborghini volgens die polisie die pad verlaat het nadat ’n wiel gebars het toe hulle ‘n ander voertuig verbygesteek het. Die voertuig het aan die brand geraak en albei die broers is dood.
Diogo Jota het slegs twee weke gelede met die ma van sy drie kinders, Rute Cardoso, getrou.
Bronne: Sky News, New York Times, Liverpool
Lees ook: Veldbrand op Griekse eiland veroorsaak massa-ontruiming





