SPANJE. – Die Spaanse polisie het gesê die sokkerspeler Diogo Jota het glo gejaag net voordat hy en sy broer, Andre Silva, in ’n motorongeluk omgekom het.
Lees ook: Sokkerspeler Diogo Jota en broer oorlede in motorongeluk
Jota en Silva is verlede Donderdag in ’n ongeluk oorlede wat plaasgevind het nadat ’n band van hulle Lamborghini gebars het toe Jota ‘n ander voertuig verbygesteek het.
’n Woordvoerder vir die Guardia Civil of Zamora, wetstoepassers van die provinsie, het gesê toetse wat deur die verkeersafdeling uitgevoer is, het bewys Jota was tydens die ongeluk agter die stuur.
Die woordvoerder het bygevoeg die motor het glo baie vinniger as die spoedbeperking van 120 kmph gery.
Jota en Silva is oorlede nadat die motor aan die brand geraak het ná die band gebars het.
Bronne: The Independent, The Sun, Daily Mail
Lees ook: Sokkerspeler Diogo Jota en broer oorlede in motorongeluk





