‘Sol Plaatje nie ernstig oor riool nie’

Lees ook :

Sol Plaatje nie ernstig oor riool nie
Sol Plaatje nie ernstig oor riool nie fotokrediet: Verskaf

*PERSVERKLARING

Sol Plaatje-munisipaliteit se voortdurende gebrek aan dringendheid om die Homevale-afvalwatersuiweringsaanleg volledig in werking te kry, kan op ‘n verdere ramp vir Kimberley afstuur.

Ockert Fourie, Rdl. – Sol Plaatje-munisipaliteit, het gesê: “‘n Oorsiginspeksie aan die aanleg wat ek gister saam met DA-raadslede Chris Whittaker en George Joseph gedoen het, het getoon dat die aanleg rofweg net op ‘n derde van sy kapasiteit werk. Dit is byna ’n jaar nadat die DA voorheen uitgelig het dat die aanleg heeltemal vervalle is.”

“Ons waardeer die moeite wat die munisipaliteit gedoen het om vir ons ‘n aanbieding te gee oor die toestand van die aanleg en die plan om dit reg te maak. Die klein verbetering wat op die terrein waargeneem is, was egter onvoldoende.”

“Die aanleg, insluitend die uitdroogareas, is steeds grootliks toegegroei en ‘n algemene gebrek aan onderhoud is duidelik. Die stank van metaangas was ook kommerwekkend sterk.”

“Ons bevindinge beklemtoon weereens dat die munisipaliteit versuim het om sanitasie ernstig op te neem. Dit ontbloot ook die munisipaliteit se voortdurende gebrek aan vaardighede, kapasiteit en belegging in sanitasie-infrastruktuur, wat nodig is om die stad se hoofrioolaanleg in ‘n goeie, werkende toestand te kry.”

“Sol Plaatje se versuim om die aanleg reg te maak, sal die buitensporige hoë watervlakke by Kamfersdam, wat reeds bo die limiet van 1,56 meter is, vererger. Dit hou ‘n bedreiging in vir die stad se wêreldbekende flaminkbevolking, die spoorlyn en die N12. Water is ook reeds onder deur die N12. As dit lank genoeg ignoreer word, sal dit beslis ontaard in ‘n herhaling van die R31-krisis, waar die pad verswelg is deur mere water wat aan weerskante van die pad ontwikkel het.”

“Die DA sal ons bevindinge na die stadsbestuurder verwys en ‘n beroep doen dat oortollige water uit Kamfersdam dringend uitgepomp word, in ooreenstemming met die munisipaliteit se plan. Ons het ook ‘n volledige afskrif van beplande aksies aangevra waarin uiteengesit word hoe die munisipaliteit beplan om die aanleg weer in werking te stel, met gespesifiseerde tydlyne en die name van die toegewyde spanne wat verskillende take toegewys is.”

“As die munisipaliteit nie tot die nodige herstelwerk in staat is nie, moet hulle dit vir ons sê sodat ons bystand uit die private sektor kan verkry. Ons reeds waterlose stad verdien ten minste om van riool gered te word.”

*PERSVERKLARING

*HIERDIE PERSVERKLARING IS BETAAL DEUR DIE DA

Lees ook: DA Manifesto

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief