Somaliërs vir ‘bedrog en korrupsie’ vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

MPUMALANGA. – Drie Somaliërs is Dinsdag tydens grenskontrole-operasies deur die polisie en Interpol in Komatipoort in hegtenis geneem. Tydens die operasie is dokumente nagegaan om gesoekte persone aan te keer, sowel as gesteelde en bedrieglike reisdokumente te identifiseer.

Volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Vincent Mukhathi, is Falis Addullah Sheik-Mohamed (40) in besit van ’n ongeldig verklaarde Noorse paspoort vasgetrek. Die beskuldigde het ook nie oor ‘n visum beskik nie en is toegang tot Mosambiek geweier. Sy het haar broer gekontak om haar te help, waartydens daar probeer is om ’n grensbeampte met R2 000 om te koop om haar vrylating by ’n Spur-restaurant in Komatipoort te bewerkstellig. Hussein Mohamed Ali (44), Sheik-Mohamed se broer en Mukhtaar Mohamed (38), hulle bestuurder, is kort daarna in hegtenis geneem.

Die owerhede het op selfone, kontant, die paspoort en ‘n BMW X3 beslag gelê. Die drie is by Komatipoort-polisiekantoor aangehou. Hulle het reeds op aanklagte van bedrog, korrupsie en onwettige immigrasie in die Komatipoort-landdroshof verskyn. Die saak is tot 17 en 20 Maart uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

One Response

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief