Somerset Mall tydelik weens gure weer gesluit

Lees ook :

Somerset Mall sluit weens gure weer. Foto: Facebook

SOMERSET-WES, WES-KAAP. – Die Somerset Mall langs die N2-snelweg het Sondag om 10:30 tydelik hulle deure gesluit. Dit volg na ’n vlak 9-waarskuwing van oorstromings en stormweer wat deur die Suid-Afrikaanse weerdiens uitgereik is.

Volgens hulle is die besluit om die sentrum tydelik te sluit geneem weens die risiko’s verbonde aan die sterk wind en erge weer wat in die area ervaar is. Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle klante en werknemers se veiligheid hulle eerste prioriteit is.

Die situasie word gemonitor en die publiek sal ingelig word wanneer hulle weer sal oopmaak.

Bronne: Somerset Mall, Facebook

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief