Brekende Nuus
Afrikaans

Sowat 1 000 diere dood in brand by Bangkok-mark

1000 diere dood na brand by Bangkok-mark

fotokrediet: Canva
1000 diere dood na brand by Bangkok-mark fotokrediet: Canva

Lees ook: Man raakgery wat Comrades-deelnemers aanmoedig

BANGKOK. – Sowat 1 000 diere is dood na ‘n brand by Bangkok se bekende opelugmark Chatuchak. Hierdie mark het tienduisende stalletjies wat veral naweke druk deur toeriste besoek word.

Voëls, honde, katte en slange het in hulle hokke in die troeteldierafdeling doodgebrand. Omtrent 118 stalletjies is in die brand beskadig.

Die brand het na ‘n elektriese kortsluting begin.

Geen mense is oorlede of beseer in die brand nie.

Bronne: BBC, Sky News, The Telegraph

Lees ook: Man raakgery wat Comrades-deelnemers aanmoedig