Sowat 100 mense het verdrink as gevolg van disinformasie

Lees ook :

Sowat 100 mense het verdrink as gevolg van misinformasie
Sowat 100 mense het verdrink as gevolg van misinformasie fotokrediet: Canva

Lees ook: Meer as 90 mense dood na boot naby Mosambiek sink

MOSAMBIEK. – Owerhede in Mosambiek het gesê sowat 100 mense het verdrink na hulle gevlug het as gevolg van disinformasie.

Mosambiek beleef tans ’n cholera-uitbraak. Mense het van hulle huise gevlug na hulle gehoor het daar is ’n uitbraak op pad na Lunga.

Sowat 120 mense het op ’n vissersboot geklim om na ’n eiland te vlug. Die boot het gesink en sowat 100 mense het verdrink. Baie was lede van dieselfde families.

Die eienaar van die boot is in hegtenis geneem. Owerhede in Mosambiek het gesê hulle ondersoek die disinformasie wat tot die mense se verdrinkings gelei het.

Bronne: IOL, Los Angeles Times, CBS News

Lees ook: Meer as 90 mense dood na boot naby Mosambiek sink

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief