Sowat 100 van boot op Hartbeespoortdam gered

Lees ook :

Foto: Harties Party Boat Facebook-blad

NOORDWES. – Sowat 100 kinders en volwassenes, van wie sommige beseer, is Saterdagaand van die Harties Party Boat op Hartbeespoortdam gered.

Volgens die Kormorant het die boot ‘n noodgeval ondervind en net voor 19:00 hulp gevra vir beseerdes aan boord waar dit in die middel van die dam gestaan het.

Die NSRI, wat weens ‘n stormsterk wind op bystand was, het dadelik op die noodoproep gereageer. Die boot het water ingeneem. Verskeie getraumatiseerde en beseerde persone is deur die NSRI na die Ifafi Aquatic Club geneem waar hulle deur HEMS behandel is.

Die vaartuig met nog passasiers aan boord is om 21:00 na die Ifafi-bootklub gesleep.

Die insident word ondersoek.

Bronne: Kormorant, Eyewitness News Times Live en The Citizen

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App