Lees ook: VSA skort vlugte na Haïti op na aanvalle op vliegtuie
HAITI. – Sowat 110 mense, meestal bejaardes, is deur bendelede in Port-au-Prince oor beweerde heksery vermoor.
Die nasionale menseregtenetwerk het gesê ‘n bendeleier het die mense geteiken na sy seun glo siek geraak het en dood is.
Die bendeleier het glo ‘n voodoo-priester vir hulp gevra wat bejaardes blameer het en gesê het hulle “heksery” het die seun se dood veroorsaak.
Bendelede het talle mense oor 60 jaar oud oor die naweek uit hulle huise gedwing en van hulle geskiet en ander doodgesteek.
Nog ‘n menseregtegroep het gesê jong mense wat die bejaardes wou beskerm, is ook doodgemaak.
Bronne: BBC, The Star, The Nation
Lees ook: VSA skort vlugte na Haïti op na aanvalle op vliegtuie





