Sowat 16 burgers dood na ‘fout’ deur Nigeriese weermag

Lees ook :

Sowat 16 burgers dood na ‘fout’ deur Nigeriese weermag fotokrediet: Canva

Lees ook: Deurbraak in samesprekings tussen Israel en Hamas glo bereik

NIGERIЁ. – Sowat 16 burgers in Nigerië is dood na die Nigeriese weermag hulle foutiewelik identifiseer het as kriminele bendes.

Volgens plaaslike media was die slagoffers lede van plaaslike waghondgroepe wat inwoners beskerm van gewapende bendes wat mense ontvoer.

Die Nigeriese lugmag het gesê dit ondersoek die dood van die mense. Volgens BBC was die burgers besig om terug te gaan na hulle huise na hulle bandiete weggejaag het toe hulle gebom is deur die weermag.

Daar was verskeie gevalle van burgers wat “per ongeluk” deur die weermag doodgemaak is, insluitend op Kersdag toe minstens 10 burgers dood is in ‘n lugaanval.

Bronne: BBC, The Guardian Nigeria News, First Post

Lees ook: Deurbraak in samesprekings tussen Israel en Hamas glo bereik

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief