Lees ook: Israel en Hamas het kinderregte oortree – VN
Samesprekings vir ’n skietstiltsand tussen Israel en Hamas duur steeds voort. Volgens verslae is ’n deurbraak in die samesprekings gemaak, wat tot die vrylating van 33 Israeliese gyselaars kan lei.
Hamas het glo ingestem om 33 gyselaars wat op 7 Oktober 2023 ontvoer is, vry te laat indien Israel sy weermag uit dele van Gaza onttrek, humanitêre hulp in Gaza toelaat en Palestynse gevangenes vrylaat.
Israel sal glo ook 30 vrouens en kinders wat in aanhouding is vrylaat vir elke gyselaar wat Hamas vrystel.
Daar is tot dusver geen bevestiging dat Hamas en Israel ingestem het tot ‘n skietstilstand nie.
Bronne: Daily Mail, The Irish News, Mint





