Sowat 19 mense dood in Suid-Koreaanse brande

Lees ook :

Sowat 19 mense dood in Suid-Koreaanse brande fotokrediet: X

SUID-KOREA. – Sowat 19 mense is dood en 19 in bosbrande in Suid-Korea beseer. ’n Helikopter met brandbestryders het vanoggend in Uiseong neergestort. ’n 1 300 oue Boeddhistetempel is in die brande vernietig.

Lees ook: Toetse in Kongo bevestig siekte as malaria

Meer as 23 000 mense is ontruim sedert die brande Vrydag begin het. Die brande is vermoedelik deur menslike nalatigheid in Sancheong begin.

Omtrent 17 398 hektaar is vernietig en die brande woed steeds voort, aangevuur deur sterk winde. Dit is een van die ergste brande wat Suid-Korea nog getref het.

Noodtoestande is Saterdag in Ulsan City en Suid-en Noord-Gyeongsang-provinsies verklaar en die brandwaarskuwing is gister tot die hoogste vlak verhoog.

Bronne: BBC, The Mirror, CNN

Lees ook: Toetse in Kongo bevestig siekte as malaria

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief