Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog nou meer as 8 000
GAZA. – Minstens 195 Palestyne is oorlede en 120 is vermis na Israel die Jabalia-vlugtelingkamp aangeval het. Minstens 777 mense is gewond.
Israel het gesê twee Hamas-leiers het in die aanvalle op die kamp omgekom. Die VN het gesê die aanval kan as ‘n oorlogsmisdryf gesien word.
Minstens 320 uit 500 buitelanders is toegelaat om Gaza te verlaat na ’n ooreenkoms tussen Egipte, Israel en Hamas.
Die dodetal in Gaza staan op 8 796, waarvan 3 648 kinders is. In Israel is 1 400 persone dood in die aanval deur Hamas op 7 Oktober.
Bronne: Such TV, Inquirer, Evening Standard




