Brekende Nuus
Afrikaans

Sowat 20 mense steeds in intensiewe sorg na turbulensie op Singapoer-vliegtuig

20 mense steeds in intensiewe sorg na turbulensie op Singapoer vliegtuig

fotokrediet: Skermgreep
20 mense steeds in intensiewe sorg na turbulensie op Singapoer vliegtuig fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Een dood en meer as 30 beseer tydens turbulensie op vliegtuigrit

BANGKOK. – Sowat 20 mense is steeds in intensiewesorgeenhede na hulle beserings tydens hewige turbulensie op ‘n vlug van Londen na Singapoer opgedoen het.

‘n Boeing 777 met 211 passasiers en 18 bemanningslede van Singapore Airlines het 6 000 voet in drie minute geval toe skielike turbulensie oor Mianmar ervaar is. Die vlieënier kon beheer behou, ‘n mediese noodtoestand verklaar en in Bangkok land.

Een passasier is oorlede en meer as 80 is na ‘n hospitaal met beserings. Sowat 20 mense is steeds in intensiewesorgeenhede terwyl 58 nog in die hospitaal is. Altesaam 27 mense is ontslaan.

Geoffrey Kitchen (73) is vermoedelik oorlede aan ‘n hartaanval. Van die passasiers het gesê van die mense wat nie vasgegordel was nie, het letterlik rondgevlieg en dele van die binnekant van die vliegtuig het losgeruk en op passasiers geval.

Die voorval word ondersoek.

Bronne: The Independent, BBC, Daily Mail

Lees ook: Een dood en meer as 30 beseer tydens turbulensie op vliegtuigrit