VSA. – Minstens 40 mense is dood na tornado’s, brande en stofstorms die VSA oor die naweek getref het.
Lees ook: Donderstorms vir vandag voorspel
Missouri is getref deur verskeie tornado’s wat Vrydag begin het en die dood van minstens 12 mense veroorsaak het.
Erge stofstorms en wind in Texas en Kansas het voertuigongelukke veroorsaak en verskeie mense is daar dood.
Sowat 150 brande het in Oklhoma gewoed, waarin verskeie mense dood is. Mense is ook in Arkansas, Alabama en Mississippi dood.
Waarskuwings oor vloede is uitgereik vir Texas, Louisiana, Alabama, Arkanasas, Tennessee, Mississippi, Georgia, Kentucky en Noord-Carolina.
Noodtoestande is verklaar in Arkansas, Georgia en Oklahoma. Geboue is in hierdie state vernietig en baie mense is sonder krag en water.
Extreme damage near Bakersfield Missouri from the tornado Friday night. Several homes completely destroyed, some leveled and swept off their foundations. Vehicles thrown and severely mangled. All hallmarks of a violent tornado. pic.twitter.com/whLrEYPH4H
— Western_Kansas_Wx (@300MphEF5) March 16, 2025
Bronne: BBC, NBC News, Los Angeles Times
Lees ook: Donderstorms vir vandag voorspel