Sowat 26 mense dood in Suid-Koreaanse bosbrande

Lees ook :

26 mense dood in Suid-Koreaanse brande fotokrediet: X

SUID-KOREA. – Sowat 26 mense is tot dusver dood en 29 is beseer, agt in ‘n kritieke toestand, terwyl brande in die suidooste van Korea voortduur. Die meeste van die oorledenes was bejaardes.

Lees ook: Sowat 19 mense dood in Suid-Koreaanse brande

Die brande het verlede Vrydag begin, moontlik deur menslike nalatigheid. Honderdduisende mense is reeds ontruim en 317 geboue is in die brande beskadig of vernietig, wat as die ergste in Suid-Korea se geskiedenis bestempel word.

Twee Boeddhistiese tempels, wat elk meer as 1 000 jaar oud was, is deur die brande verwoes.

’n Vlieënier (73) is dood na sy helikopter wat gebruik is om die brande te bestry, geval het.

Die Suid-Koreaanse weerdiens het reën voorspel teen die einde van die week, maar owerhede het gesê dit sal nie genoeg wees om die brande te stop nie.

Bronne: Times of India, New York Times, DW

Lees ook: Sowat 19 mense dood in Suid-Koreaanse brande

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief