Lees ook: Tibet-aardbewing eis 95 lewens
LOS ANGELES. – Sowat 30 000 mense moes uit hulle huise ontruim word na brande in Los Angeles uitgebreek het.
Sterk winde laat die brande vinnig versprei. Verskeie huise in die Pacific Palisades-gebied, waar baie bekendes woon, is reeds vernietig. ‘n Noodtoestand is Dinsdag deur die goewerneur van Kalifornië ingestel sodat brandbestryders meer effektief teen die vlamme kan veg.
Die windstorm wat tans die brande vererger, is voorspel om vir dae aan te hou en is die sterkste wat Suid-Kalifornië in meer as ’n dekade getref het.
Bronne: The Mirror, BBC, ABC News
Lees ook: Tibet-aardbewing eis 95 lewens