Sowat 30 mense vermis ná veerboot naby Bali sink

Lees ook :

Sowat 30 mense vermis ná boot naby Bali sink fotokrediet: X

BALI. – Vier mense is dood en sowat 30 word vermis nadat ’n veerboot met 65 passasiers Woensdag naby Bali gesink het. Altesaam 31 van die mense wat op die boot was, is gered.

Lees ook: Verskeie mense beseer ná vliegtuigongeluk

Die vermiste passasiers word steeds gesoek, maar die reddingspogings word deur sterk getye en winde belemmer.

Die boot was besig om passasiers en voertuie te vervoer van die East Java Ketapang-hawe na die Gilimanuk-hawe in Bali.

Plaaslike media het berig die boot het kort nadat dit vertrek het ’n noodoproep oor ’n enjinprobleem gemaak.

Bronne: DW – South Africa, BBC, SBS News

Lees ook: Verskeie mense beseer ná vliegtuigongeluk

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief