INTERNASIONAAL. – Sowat 34 mense het in Haitï, Kuba en Jamaika as gevolg van orkaan Melissa omgekom.
Lees ook: Sterkste storm van 2025 – orkaan Melissa – na verwagting vandag in Jamaika
Die orkaan, wat na ‘n kategorie 2-storm afgeskaal is, het die week deur die Karibiese Eilande beweeg en verskeie wonings vernietig en lewens geëis .25 mense, insluitend kinders, is in Haitï oorlede en agt in Jamaika. Een persoon is in die Dominikaanse Republikein oorlede. Die dodetal in Kuba is nog nie bekend nie. Owerhede het gesê die dodetal kan nog styg.
Die orkaan is besig om deur die Bahamas te beweeg en sal na verwagting verby Bermuda beweeg. Dit is moontlik dat die orkaan môre verby Kanada sal beweeg.
Bronne: BBC, The Independent, CNN
Lees ook: Sterkste storm van 2025 – orkaan Melissa – na verwagting vandag in Jamaika





