NIGERIË. – 50 van die 303 leerlinge wat Vrydag in Nigerië ontvoer is, het daarin geslaag om te ontsnap.
Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië
Die leerlinge het tussen Vrydag en Saterdag ontsnap en is met hulle families herenig.
Die polisie en weermag is steeds op soek na die res van die 265 leerlinge en onderwysers wat by die St Mary’s Katolieke skool in Nigerië ontvoer is.
Owerhede het skole beveel om te sluit ná Vrydag se massa-ontvoering en nog ‘n ontvoering op Maandag, waartydens 25 leerlinge ontvoer is.
Bronne: BBC, CNN, EWN
Lees ook: Sowat 315 leerlinge en onderwysers ontvoer in Nigerië





