GAZA. – Sowat 70 mense in Gaza is Maandag oorlede ná verskeie Israeliese aanvalle op teikens in die gebied. Volgens paramedici is sowat 30 mense dood en verskeie mense is beseer in ’n Israeliese lugaanval op die Al-Baqa-kafee in Gaza-stad.
Lees ook: Sowat 35 mense dood ná ontploffing by fabriek in Indië
Inwoners het ook gesê vier skole waarin families geskuil het, is gebombardeer ná die families deur die Israeliese weermag beveel is om te ontruim.
Altesaam 58 mense is Maandag dood in Israeliese aanvalle in noordelike Gasa. Volgens die Israeliese weermag het dit militêre teikens in die aanvalle geteiken.
Bronne: The Independent, The Express Tribune, TimesLIVE
Lees ook: Sowat 35 mense dood ná ontploffing by fabriek in Indië





