Sowat 8 mense dood in grondverskuiwings en oorstromings in Suidoos-Asië

Lees ook :

Sowat agt mense dood in grondverskuiwings en oorstromings in suid-oos-Asië fotokrediet: X

SUIDOOS-ASIЁ. – Sowat agt mense het in Viëtnam en Thailand omgekom nadat swaar reën, veroorsaak deur die tropiese storm Kajiki, grondverskuiwings en oorstromings veroorsaak het.

Lees ook: Tropiese storm Kajiiki tref Viëtnam – drie mense oorlede

Sewe mense is in Viëtnam in oorstromings dood en sowat 34 is beseer, met nog een wat vermis is. Een persoon het in Thailand in ’n grondverskuiwing in Chiang Mai omgekom. Verskeie mense is in Thailand as gevolg van flitsvloede en grondverskuiwings beseer en een persoon is nog vermis.

Sowat 20 000 mense is Sondag in China ontruim toe die tropiese storm Kajiki sy verwoesting begin het.

Daar is steeds swaar reën voorspel vir Thailand vir vandag.

Bronne: Euronews, ABC News, The Hindu

Lees ook: Tropiese storm Kajiiki tref Viëtnam – drie mense oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief