Brekende Nuus
Afrikaans

Sowat 8 mense dood in grondverskuiwings en oorstromings in Suidoos-Asië

Sowat agt mense dood in grondverskuiwings en oorstromings in suid-oos-Asië

fotokrediet: X
Sowat agt mense dood in grondverskuiwings en oorstromings in suid-oos-Asië fotokrediet: X

SUIDOOS-ASIЁ. – Sowat agt mense het in Viëtnam en Thailand omgekom nadat swaar reën, veroorsaak deur die tropiese storm Kajiki, grondverskuiwings en oorstromings veroorsaak het.

Lees ook: Tropiese storm Kajiiki tref Viëtnam – drie mense oorlede

Sewe mense is in Viëtnam in oorstromings dood en sowat 34 is beseer, met nog een wat vermis is. Een persoon het in Thailand in ’n grondverskuiwing in Chiang Mai omgekom. Verskeie mense is in Thailand as gevolg van flitsvloede en grondverskuiwings beseer en een persoon is nog vermis.

Sowat 20 000 mense is Sondag in China ontruim toe die tropiese storm Kajiki sy verwoesting begin het.

Daar is steeds swaar reën voorspel vir Thailand vir vandag.

Bronne: Euronews, ABC News, The Hindu

Lees ook: Tropiese storm Kajiiki tref Viëtnam – drie mense oorlede