Sowat 80 mense dood in Israeliese lugaanvalle op Gaza

Lees ook :

Sowat 80 mense oorlede na Israeliese lugaanvalle op Gaza fotokrediet: X

GAZA. – Volgens reddingswerkers en hospitale in Gaza is sowat 80 mense oornag oorlede na Israeliese aanvalle op Gaza.

Lees ook: Laaste lewende Israeli-Amerikaanse gyselaar, Edan Alexander, met familie herenig

Volgens een hospitaal is 22 kinders en 15 vrouens onder die 50 mense wat dood is ná huise in die noorde van Jabalia deur die nag aangeval is.

Die Israeliese weermag het gesê dit het Hamas en Palestynse Islamitiese Djihad-vegters in die aanvalle geteiken en het burgerlikes Dinsdag beveel om die gebied te ontruim.

Samesprekings word tans gevoer om die res van die gyselaars tussen die VSA en Hamas uit te ruil. Benjamin Netanyahu se kantoor het later gesê dit het ook met Trump se spesiale gesant, Steve Witkoff, oor die telefoon gepraat oor “die probleem van die gyselaars”.

Netanyahu het ook gesê die Israeliese weermag gaan Gaza “met volle krag” invaar in die volgende paar dae en dat niks die oorlog gaan stop nie.

Hy het gesê die weermag gaan Gaza ingaan “met volle krag om die operasie te voltooi” om Hamas te vernietig. Netanyahu het gesê “daar is geen situasie dat ons die oorlog gaan stop nie. ’n Tydelike skietstilstand kan gebeur, maar ons gaan al die pad”.

Bronne: NZ Herald, BBC, Daily Sun

Lees ook: Laaste lewende Israeli-Amerikaanse gyselaar, Edan Alexander, met familie herenig

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief