Brekende Nuus
Afrikaans

Spaanse toeris deur olifante vertrap in Pilanesberg Nasionale Park

Spaanse toeris vertrap deur olifante in Pilanesberg Nasionale Park
fotokrediet: Canva
Spaanse toeris vertrap deur olifante in Pilanesberg Nasionale Park fotokrediet: Canva

Lees ook: Skole maak oop, owerhede op hoede oor storms

PILANESBERG. – ‘n Spaanse toeris (43) is dood na hy deur ‘n trop olifantkoeie in die Pilanesberg Nasionale Park vertrap is.

Die Noordwes Parke-en-Toerismeraad het gesê die toeris het ten spyte van waarskuwings uit die voertuig geklim om foto’s te neem van ‘n trop olifante wat met kalfies geloop het.

‘n Olifantkoei het op die man afgestorm en hy kon nie wegkom nie. Hy is deur die hele trop vertrap.

Die polisie ondersoek die voorval. Mense word gewaarsku om in hulle voertuie te bly wanneer hulle sulke parke besoek.

Bronne: DW – South Africa, ECR, SA People

Lees ook: Skole maak oop, owerhede op hoede oor storms