Spekboomdoolhof vir Mosselbaai

Lees ook :

Foto: Mosselbaai Munisipaliteit en Canva

TUINROETE. – Mosselbaai-munisipaliteit het as deel van ‘n omgewingsgroeiprojek besluit om woonbuurte te vergroen en ‘n spekboomdoolhof in Heiderand aan te plant.

Ongeveer 6 000 spekboomsteggies van ongeveer 30 cm in lengte is gevra.

‘n Heiderand-inwoner het 1 000 steggies geskenk en meer steggies kan tot einde Oktober na Harry Giddey-ark se diere-afdeling of na die Groot-Brakrivier-brandweerstasie geneem word.

Die jeug van die omgewing is gister deur die munisipaliteit genooi om deel te neem aan die aanplant van die steggies en op die koop toe ook geskiedenis te maak.

Bron: Mosselbaai Munisipaliteit

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief