SA Dames-Yshokkiespan keer met brons terug van Estonia

Lees ook :

Die Suid-Afrikaanse dames-yshokkiespan het met trots na Suid-Afrika teruggekeer nadat hulle ’n bronsmedalje in ’n internasionale toernooi in Estonia verower het. Ses lande het aan die kompetisie deelgeneem, en die Suid-Afrikaanse span het drif en deursettingsvermoë getoon om ’n plek op die podium te verseker.

Die span het deur die toernooi gegroei en met vasberadenheid teen internasionale teenstanders soos Israel, Estonia, Fillipynse Eilande, Singapoer en Bosnië meegeding. Hul harde werk en spanpoging is uiteindelik beloon met die bronsmedalje – ’n besondere prestasie vir die steeds groeiende sport van dames-yshokkie in Suid Afrika.

Volgens die spanbestuur was die toernooi nie net ’n geleentheid om te kompeteer nie, maar ook om waardevolle internasionale ervaring op te doen. Die spelers het trots die land se kleure gedra en gewys dat Suid-Afrika toenemend ’n mededinger op die internasionale yshokkietoneel word.

Wat die geleentheid meer spesiaal maak, is dat drie spelers spesiale mylpale gedurende die toernooi bereik het. Die kaptein, Donne van Doesburgh (nr. 9) het in haar sewentigste wedstryd vir Suid-Afrika gespeel, Dalene Rhode (nr. 21) in haar sestigste en Kelly Jamieson (nr.15) in haar vyftigste. Met die bronsmedalje in hul besit en kosbare ervaring opgedoen, keer die span huis toe met nuwe selfvertroue en die hoop om in toekomstige internasionale kompetisies nog groter hoogtes te bereik.

Foto Johan Maree aXnshots

Sien ook: https://nuusflits.com/yshokkie-pretoria-ontneem-kaapstad-van-kroon/

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief