Spotify beplan om 17% van sy werksmag te sny

Lees ook :

Spotify beplan om 17% van sy werksmag te sny fotokrediet: Canva

Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan

Daniel Ek, die hoof uitvoerende beampte van Spotify, die musiekstromingsdiens, het Maandag aangekondig Spotify gaan 17% van sy werksmag sny.

Ek sê die besluit word geneem om die uitdagende ekonomiese landskap te navigeer waar groei vertraag het en kapitaal duurder geword het.

Ten spyte van onlangse positiewe finansiële verslae, streef Spotify daarna om sy bedrywighede aan te pas volgens toekomstige doelwitte, met die oog op volhoubare winsgewendheid en groei.

Ek het die impak van waardevolle werknemers beklemtoon, maar sê dit is nodig om die poste uit te skryf om sy toekomstige doelwitte te bereik.

“Ekonomiese uitdagings, soos vertraagde groei en toename in kapitaaluitgawes, het ’n rol gespeel in dié besluit,” volgens Ek.

Hy sê vorige beleggings in die uitbreiding van die Spotify-span om die inhoud te verbeter, het bygedra tot verhoogde produksie. Dit verg nou heroorweging.

Ek sê werknemers sal uitbetalings, betaalde verlof en voortgesette gesondheidsorgdekking, asook immigrasie-ondersteuning, ontvang.

“Ons wil ons werknemers met respek en empatie tydens die oorgang hanteer. Ek sien die vermindering as ‘n noodsaaklike stap om ‘n meer doeltreffende en sterker Spotify vir die toekoms te bou. Hierdie skuif beklemtoon die terugkeer na die basiese beginsel van vindingrykheid wat Spotify se vroeë dae gekenmerk het.”

Ek sê Spotify is vasbeslote om voort te bou op sy produk, verandering te omhels en ’n sukses te maak.

Lees ook: Eskom kondig voorlopige verandering in beurtkrag aan

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief