Die Springbokke het die Wallabies met 30-22 verslaan (halftyd 20-10) in hul Castle Lager Rugbykampioenskap wedstryd op ‘n koue Saterdagaand in Kaapstad. Die Suid-Afrikaners moes egter hard werk vir hul oorwinning voor 56,350 ondersteuners in ‘n vol DHL Stadion, veral na verlede naweek se loesing teen dieselfde Wallabies op Ellispark. Hierdie oorwinning is moontlik gemaak deur die voorspelers wat die fondasie gelê het vir ‘n baie beter vertoning. Die gashere het egter steeds te veel ongedwonge foute gemaak wat hul ritme ontwrig het en Australië in staat gestel het om verskeie kere in die wedstryd te bly. Dit was dalk nie die beste vertoning deur die Bokke nie, maar hul sal tevrede wees met die oorwinning en kan hul nou begin voorberei vir die twee toetswedstryde in Nieu-Seeland. Handre Pollard was welverdiend die Man van die Wedstryd. Die Springbokke het ook daarin geslaag om die Nelson Mandela-uitdaag trofee te behou.
Punte :Springbokke 30 (20) – Drieë: Canan Moodie, Kwagga Smith, Eben Etzebeth. Verdoelings: Handre Pollard (3). Strafskoppe: Pollard (3). Australië 22 (10) – Drieë: Corey Toole, Max Jorgensen, Brandon Paenga-Amosa. Verdoelings: James O’Connor (2). Strafskop: O’Connor.
Fotos aXnshots – Johan Maree