Brekende Nuus
Afrikaans

Staat beweer prominente sakeman het AKA se ‘huurmoord’ betaal

Die staat het aangevoer sakeman Sydney Mfunda Gcaba het R803 455 aan Mziwethemba Harvey Gwabeni betaal om glo AKA dood te maak.

Staat beweer prominente sakeman het AKA se huurmoord betaal

fotokrediet: Facebook
Staat beweer prominente sakeman het AKA se huurmoord betaal fotokrediet: Facebook

Lees ook: AKA-verdagtes se borgaansoek tot Dinsdag uitgestel

DURBAN. – Die staat het gesê ‘n prominente sakeman het vir Kiernan (AKA) Forbes se “huurmoord” betaal.

Die staat voer aan sakeman Sydney Mfunda Gcaba het R803 455 aan Mziwethemba Harvey Gwabeni betaal om glo AKA dood te maak. Gwabeni het toe die geld met die ander verdagtes gedeel. Bankrekords is gebruik om te bewys die geld is betaal.

Gwabeni het gesê die geld was vir wettige besigheid wat hy gedoen het en dat van sy medebeskuldigdes vir hom as veiligheidswagte gewerk het.

Bronne: IOL, EWN, SABC

Lees ook: AKA-verdagtes se borgaansoek tot Dinsdag uitgestel