Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak het glo wapens aan huurmoordenaars verkoop
PRETORIA. – Die staat het hulle saak in die verhoor binne ‘n verhoor in die Senzo Meyiwa-moordsaak afgesluit.
Die laaste getuie vir die staat was ’n tandarts wat getuig het die beskuldigde, Bongani Ntanzi, het nooit ’n goue tand gehad nie. Een van die getuies wat saam met Meyiwa was toe hy in 2014 doodgeskiet is, het gesê een van die verdagtes het ’n goue tand.
Dr. Thabang Hlokwa het Ntanzi dae na sy inhegtenisneming ondersoek en hy het gesê Ntanzi het nooit ’n goue tand gehad nie. Hy het ook gesê daar was geen tekens van ’n aanranding of kosmetiese werk gedoen aan sy tande nie.
Die beskuldigdes het gesê hulle is deur die polisie aangerand en gedwing om skuld vir die moord op Meyiwa te erken.
Dit is nou die verdediging se beurt om hulle saak te stel in die verhoor binne ‘n verhoor. Die verhoor binne ‘n verhoor is om te besluit of die beskuldigdes se skulderkennings in die moordsaak gebruik kan word.
Bronne: eNCA, EWN, TimesLIVE, The Africa
Lees ook: Beskuldigde in Senzo Meyiwa-saak het glo wapens aan huurmoordenaars verkoop





