Staatsaanklaer en polisielede vir ‘korrupsie en afpersing’ in hof

Lees ook :

Foto: Pretoria-landdroshof Google Maps

GAUTENG. – Adv. Avinash Ramapararat (45), ‘n aanklaer van die Pretoria- gespesialiseerde kommersiële misdaadeenheid (SCCU), sers. Herman Mnguni (46) en konst. Abdul Shaik (35), beide van Wierdabrug-polisiestasie, het op twee aanklagte van afpersing en twee aanklagte van korrupsie in die Pretoria-landdroshof voorgekom.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê die beskuldigdes het in die hof verskyn op twee aanklagte van afpersing ten bedrae van R100 000 en R300 000 en twee aanklagte van korrupsie ten bedrae van R100 000 en R300 000. Die skedule 5-borgaansoek is nie teengestaan nie.

“Daar word beweer hulle het geld van ‘n sakeman, wat die klaer in die saak teen hulle is, afgepers.”

Na bewering is die sakeman op 28 Junie vir bedrog gearresteer. Ramapararat en Shaik het glo die gearresteerde genader en R300 000 vir sy vrylating gevra. Die sakeman het sy vennoot gebel en die geld is betaal. Nadat die sakeman vrygelaat is, het die beskuldigdes hom aanhoudend vir geld gevra en hy het besluit om die aangeleentheid by die polisie aan te meld.

“‘n Ondersoek is deur die nasionale teenkorrupsie-ondersoekeenheid se speurders geloods en ‘n lokval is gestel, waar die klaer R100 000 aan Mnguni betaal het. Die lokval het op 25 en 26 Oktober tot die arrestasie van die twee polisiebeamptes gelei. Die aanklaer is later op 31 Oktober in hegtenis geneem.”

Die saak is vir borguitspraak tot 4 November uitgestel, terwyl die verdagtes in aanhouding bly.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief