Stad Tshwane skakel Weskoppies-hospitaal se elektrisiteit af

Lees ook :

Foto: X

GAUTENG. – Tshwane-munisipaliteit het Maandag Weskoppies-hospitaal in Pretoria-Wes se elektrisiteit weens ‘n uitstaande rekening van R1.2 m. vir Maart en April afgesny. Die departement van gesondheid in die provinsie bevestig die betaling vir elektrisiteits was reeds in die proses van verwerking toe die munisipaliteit die elektrisiteit afsit.

Motalatale Modiba sê in ‘n verklaring die vertraging in betaling is die gevolg van die oorgang na ’n nuwe finansiële jaar. Alhoewel die hospitaal gewoonlik vooraf addisionele betalings doen om volgehoue elektrisiteitsvoorsiening te verseker, was dit hierdie keer nie moontlik nie. Op dieselfde dag van die afsluiting het die departement R3.8 m. vir ander gesondheidsfasiliteite in die gebied aan die Stad Tshwane betaal. Die betaling aan Weskoppies was volgens die departement reeds deel van die geskeduleerde betalingsronde aan verskaffers.

Die departement het ook bevestig dat daar tans gesprekke met die Stad Tshwane aan die gang is, met die doel om munisipale rekeninge te vereffen en dienslewering te handhaaf.

“Ons rugsteunkragstelsels by Weskoppies-hospitaal, wat vyf kragopwekkers en ’n sonkragstelsel insluit, is ten volle operasioneel,” het die woordvoerder bygevoeg. “Pasiëntesorg gaan voort sonder onderbreking terwyl die heraansluiting van die elektrisiteit afgehandel word.”

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief