Stappe geneem om seksueel oordraagbare infeksies te bekamp

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die Gautengse departement van gesondheid het nuwe maatreëls ingestel om die verspreiding van seksueel oordraagbare infeksies (SOI’s) te bekamp. Dit sluit sifting en gevalopsporing by mansklinieke, werkplekke, kampusse en sentrums vir besnyding in. ‘n Toename van minder as 60 000 tot meer as 80 000 is in vier jaar aangeteken.

Nomantu Nkomo-Ralehoko, Gesondheids-LUR, sê die departement sal gesondheidsdienste uitbrei deur mobiele klinieke en uitreikprogramme in hoërisiko-gebiede. “Ons sal voortgaan om sosiale media en gemeenskapsradiostasies te gebruik om gesondheidsopvoeding te bevorder,” het sy gesê.

Die departement het tussen 2020 en 2024 ’n toename van 55 783 tot meer as 80 000 in gevalle van manlike uretritis-sindroom aangeteken. Nkomo-Ralehoko sê die uitbreiding van MIV-voorkomende behandeling het gehelp om nuwe infeksies te verminder, met positiewe gevalle wat van 4,6% in 2020 tot 1,3% in 2024 gedaal het.

Sy moedig die publiek aan om gereeld gesondheidsfasiliteite vir sifting en vroeë behandeling van SOI’s te besoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief