Stapper in 12 uur 4 km ver gedra ná sprong in poel

Lees ook :

Foto's: MCSA; Fronco Houy, Gerhard Bezuidenhout, Sabine Behr, Stephan Snyman.

GAUTENG. – ’n Stapper is ernstig beseer toe ’n sprong in ’n watervalpoel naby Hekpoort verkeerd geloop het. Die slagoffer het hom met die sprong misgis en het ondraaglike pyn ervaar nadat hy die water, verskeie kilometers van die naaste pad af, getref het. Reddingspanne kon hom 12 uur en 4 kilometer later tot by ‘n ambulans neem.

Volgens ‘n sosialemediaplasing van Mountain Club SA se soek-en-redding het die voorval op 26 Oktober plaasgevind. Die beseede man se vriende het hom uit die water gehelp en op die rotse neergelê, maar die steil rotswande rondom die poel het hulp van buite geverg. ’n Privaat ambulansdiens wat ontbied is, kon nie by hom uitkom nie en Gauteng MSAR (Mountain Search and Rescue) is vir bystand gevra.

’n Suid-Afrikaanse Lugmag-helikopter was eers die volgende oggend beskikbaar, maar die beperkte lig en nagtoestande het boonop die vlug onveilig gemaak. Die reddingspan moes dus noodgedwonge van hulp op die grond – Gauteng Emergency Services-paramedici, MSAR-redders en later ’n tweede span van die Salaam Foundation – gebruik maak. Die beseerde man is in ’n vakuummatras geplaas en op ’n wildernis-draagbaar geplaas om sy liggaam stil te hou. Die moeilikste deel van die redding was om die draagbaar van die rotse langs die waterval oor die uitvloei van die poel en op teen ’n steil rots te dra. Met toue om die risiko van val te beperk, is die beseerde oor die water en op teen die een kant van die waterval gedra en daarna na ‘n 4×4-voertuig wat hom tot by ‘n ambulans van Gauteng Emergency Services geneem het.

Hy is vroeg die volgende oggend, ongeveer 12 uur ná die ongeluk, in ‘n hospitaal opgeneem. Die reddingspan wens hom ’n spoedige herstel toe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief