Stapper uit Llandudno-kloof gered

Lees ook :

Vrou vanaf Llandudno-kloof gered. Foto: WSAR

HOUTBAAI, WES-KAAP. – ’n Vrou (47) is Saterdag uit die Llandudno-kloof bo Houtbaai gered nadat sy geval het toe sy en ’n stapgroep op pad bergaf was.

Die groep van agt stappers het vroeër die oggend in Corridor-kloof begin en beplan om oor Twaalf Apostels te loop. Met die afgaan by die Llandudno-kloof het die vrou skeef getrap en ’n ent na onder geval.

Nooddienste is na die toneel ontbied toe die vrou nie verder weens haar besering kon stap nie. Sy is met ’n helikopter van die berg af gevlieg. Die res van die groep is bergaf vergesel.

Bron: Wilderness Search And Rescue WSAR Western Cape

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief