Stasiebevelvoerder in sy oprit geskiet en beroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Stasiebevelvoerder, verbonde aan ‘n polisiestasie in die NMB-distrik, is Vrydagmiddag omstreeks 16:00 in sy oprit geskiet en gewond. Hy is daarna beroof.

Kol. Priscilla Naidu sê die luitenant-kolonel en sy vrou het by hul huis se oprit in NU7 in Motherwell ingedraai. ‘n Wit Suzuki ook in die oprit ingery toe die offisier se vrou uitklim om die hek van die erf oop te maak. ‘n Verdagte het uit die Suzuki gespring en die offisier se dienswapen geëis. Die offisier is in sy arm geskiet. Die verdagte het met twee selfone van die toneel gevlug.

Naidu sê die offisier is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal.

‘n Saak van poging tot moord en roof word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief