Statistiek Suid-Afrika het Dinsdag die kwartaallikse indiensneming- en verdienstestatistiek van einde Des. 2024 vrygestel. Die statistieke dui onder meer aan daar was vanaf Augustus tot November 2024 ‘n afname van 0.2% in salarisse in die formele nie-landbou sektor.
Volgens SSA verdien die gemiddelde werknemer R28 231, na die 0.2%-afname gedurende November 2024. Alhoewel die afname vanaf Augustus na November aangeteken is, is daar wel ‘n 5.3%-toename in verdienste vanaf November 2023 tot November 2024 aangedui.
Die opname is oor verskeie bedrywe gemaak.
Voltydse indiensneming het sedert Desember 2023 tot Desember 2024 met 26 000 werknemers, of 0.3% afgeneem.
Deeltydse indiensneming het sedert Desember 2023 tot Desember 2024 met 65 000 werknemers afgeneem.

Lees die volledige verslag hier.