Stem jy saam met Brendan Peyper?

Lees ook :

Foto: Brendan Peyper Facebook-blad

Brendan Peyper, sanger, wat die afgelope ruk as gevolg van sy gesondheid sy sangloopbaan en stem moes laat rus, het ‘n plasing met vrae op sy Facebook-blad gedeel.

In die plasing vra hy ‘n aantal vrae wat lei tot dankbaarheid oor wat jy het.

Op hoeveel kan jy antwoord en stem jy met hom saam?

Lees die plasing hier:

Die voorreg is myne 🫡

As jy wakker word in die oggend, vra vir jouself die volgende vrae:

• Haal ek asem?

• Is ek gesond?

• Is daar mense in slegter situasies as ek?

• Is daar geleenthede op my pad?

• Het ek familie en vriende?

• Het ek ‘n dak oor my kop?

• Het ek kos en water?

• Het ek elektrisiteit (nou en dan)? 😄✌🏼

Maak nie saak hoe erg jy dink die houe op jou reën nie, want as dit reën, dan sous dit, jy kan dit nie keer nie. Soms moet jy net ‘n sakkie sement eet, hard word en onthou al die goed waarvoor jy dankbaar moet wees en byt vas!

Mooi week vir julle

Liefde

Peypies 🫶🏼

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief