Steve Hofmeyr se seun Devon getroud

Lees ook :

Foto: Devon en Nikita

Devon Hofmeyr en Nikita (née Joubert) het Woensdag trou aan mekaar belowe. Die egpaar het hul huwelikstatus met ‘n foto op sosiale media gedeel. Steve Hofmeyr het gister op sosiale media gesê hy word ‘n dogter ryker.

Nikita het Dinsdagaand die volgende sosialemediaplasing gedeel: “”Vanaand voel alles so onwerklik. Ek sit alleen in my kamer en wag dat hierdie dag verbygaan, want môre begin die mooiste hoofstuk van my lewe. Môre stap ek af in die paadjie na die man vir wie ek lief is. Hy gaan daar vir my wag, omring deur familie en vriende wat ons liefhet, wat ons gaan seën en saam met ons ons huwelik gaan vier. My hart is vol opgewondenheid, dankbaarheid en soveel liefde. Ná al die beplanning, drome en aftel van die dae, is dit amper tyd om “ja” te sê vir my beste vriend. Ek kan nie wag om sy vrou te word nie. Ek kan nie wag om hand aan hand saam met hom hierdie nuwe avontuur aan te pak nie. En ek kan nie wag om môre voor God en almal wat vir ons belangrik is, ons liefde aan mekaar te belowe nie. Nog net een slapie. Môre word ek sy vrou.”

Die paartjie het op 21 Julie 2025 verloof geraak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief