Janine Hofmeyr het in ‘n sosialemediaboodskap dankie gesê vir al die ondersteuning wat sy tydens haar opname by Cintocare-hospitaal ontvang het en haar diagnose gedeel.
Hofmeyr het verduidelik sy is ná mediese toetse met Addison se siekte gediagnoseer. Dit is ‘n outo-immuunsiekte wat die byniere aanval.
Die deel van haar diagnose het bewusmaking ten doel, aangesien Hofmeyr sê min mense weet van die siekte. Op soek na ondersteuningsgroepe het sy gevra na ander persone wat ook daarmee gediagnoseer is.
Sy is reeds Vrydag uit die hospitaal ontslaan.
Lees die volledige plasing hier onder:
Dankie vir soveel boodskappies en oproepe die afgelope paar dae! Ek is baie dankbaar en waardeer dit vreeslik!
Ek is ontslaan en by die huis. Na baie toetse is ek gediagnoseer met Addison’s disease. ‘n Baie rare autoimmuun siekte waar jou immuunsisteem jou byniere aanval tot op n punt waar die byniere glad nie meer funksioneer nie. Dis ‘n lang herstelproses en mens vat dit maar uur vir uur.
Ek deel my diagnose hier omdat ek besef hoe min mense daarvan weet. Is jy of iemand wat jy ken al gediagnoseer met dit? Want ondersteuningsnetwerke is maar yl gesaai.
Ek moet ook dankie sê vir die personeel en dokters by Cintocare hospitaal wat so mooi na my gekyk het! Die diens is puik, almal is so vriendelik, geen sleep voete en susters wat nie regtig wil help soos in baie hospitale nie. Hier vra hulle jou heeltyd of jy iets nodig het en om die klokkie te druk vir enigiets. Dit help regtig terwyl jy daar in jou hospitaalbed lê, moedeloos is en nie lekker voel nie! Dankie ook veral vir Ineke, ‘n engel reg uit die hemel. En natuurlik ook my dokters.
Ek’s is geseënd met soveel mense wat regtig omgee en daar is wanneer ek dit nodig het, my hartsmense, dankie ook vir julle! Dit maak alles bietjie beter!!