Stiefpa vir seun (6) se verkragting gevonnis

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – ‘n Stiefpa (25) wat sy seun (6) verkrag het, is deur die Upington-streekhof skuldig bevind en tot 18 jaar tronkstraf, waarvan drie jaar vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Sers. Omphile Masegela sê die seun het op 25 November 2023 aan sy ouer broer gesê hulle stiefpa het hom seksueel aangerand en het slegs gestop toe hy begin huil het. Die ouer broer het vervolgens hulle ma ingelig toe sy by die huis kom, wat dadelik die misdaad aan die polisie rapporteer het. ‘n Mediese ondersoek het verkragting bevestig. Die saak is aan sers. Elliot Geya van Upington-GKS vir ondersoek toegewys en die verdagte is twee dae na die misdaad in hegtenis geneem. Die hof het hom skuldig bevind en gevonnis.

Polisiebestuur in die Noord-Kaap het die ondersoekbeampte wat die pedofiel van die samelewing verwyder het, geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief