Stiefpa vir twee lewensvonnisse tronk toe vir kinders se verkragting

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORD-KAAP. – ‘n Stiefpa is op 10 Junie skuldig bevind aan twee kinders, 6 en 7 jaar oud ten tyde van die misdaad, se verkragting in 2018. Hy is op elke aanklag deur die Postmasburg-streekhof lewenslange tronkstraf opgelê.

Sers. Omphile Masegela sê die twee kinders het hulle tannie van die verkragting vertel. Die beskuldigde het terwyl die kinders se ma geslaap het vir hulle gesê om by hom te slaap. Beide is verkrag. Die ma het ‘n vermoede daarvan gehad, maar sy was bang vir die beskuldigde.

Daniëlskuil-polisie het op 19 Oktober ‘n saak geregistreer en die beskuldigde is ‘n paar dae later op Groblershoop vasgetrek. Hy op borg vrygelaat, maar het versuim om by die hof op te daag. ‘n Lasbrief is vir sy inhegtenisneming uitgereik, waarna hy op 30 September 2020 gearesteer en sedertdien in aanhouding was.

Buiten die twee lewensvonnisse is die beskuldigde onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en sy naam word in die nasionale register van seksuele misdadigers aangeteken.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief