Stiefpa wat glo drank gee en verkrag in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – ‘n Stiefpa (45) is op 7 Mei in hegtenis geneem nadat ‘n aanklag van verkragting van sy stiefdogter (17) teen hom gemaak is.

Kapt. Stephen Thakeng sê die meisie se ma was op 6 April omstreeks 16:00 nie by die huis nie. Die verdagte het glo vir die stiefdogter drank gegee en sy het gaan slaap. Daarna is sy glo beveel om te ontklee en is sy verkrag. Sy het haar broer daarna van die voorval vertel.

Op 7 Mei is die meisie deur haar ma na ‘n maatskaplike werker geneem. Die meisie het in alleenkonsultasie vir die maatskaplike werker van die beweerde verkragting vertel. ‘n Saak is by die Thabong-polisiestasie oopgemaak en die stiefpa is op dieselfde dag in hegtenis geneem.

Die saak word verder deur Thabong-GKS ondersoek.

Die stiefpa sal op 9 Mei in Welkom-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief