Brekende Nuus
Tuis

Stigter van Twitter skenk $1 miljard vir verligting teen Covid-19

INTERNASIONAAL – Jack Dorsey, die stigter van die Twitter- en Square-toeps het R18.31 miljard aan verligtingspogings in die geveg teen die koronaviruspandemie beskikbaar gestel.

Volgens Dorsey is die skenking ongeveer 28% van sy rykdom, berig die BBC.

Hy het die aankondiging op Twitter gemaak en geskryf: “Noodsaaklike behoeftes word al hoe meer dringend benodig.”

Dorsey het nie presies uitgelê waarheen die fondse gestuur moet word om in die stryd teen Covid-19 te help nie.

Daar is tans ’n tekort aan ventilators en persoonlike beskermende toerusting in Amerika en sakeondernemings sukkel ook ekonomies.