WES-KAAP. – Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai het ‘n leerling, Liam Claassen (12), se heengaan op hulle Facebook-blad aangekondig. Die plasing lui: “Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van Liam, wat deel was van Laerskool Bertie Barnard. Sy heengaan laat ‘n groot leemte en ons harte is by sy familie, vriende en alle leerlinge wat deur sy vriendelikheid en menswees geraak is. Al die mooi herinneringe van hom sal in ons skool bly voortleef. Mag sy familie vertroosting vind in die wete dat hy deur soveel mense geliefd was.”
Vian en Marlé Louw het die volgende boodskap op die Stilbaai NG Gemeente Facebook-blad gedeel: “Dankie dat julle vir Liam gebid het. Hy is vanoggend 3uur oorlede. Bid asb vir Marietha en familie.
‘n Vorige boodskap lui: “Bid asb vir Liam. Hy is weer opgeneem. Hulle sukkel om sy suiker af te kry
Sukkel nog om hom stabiel te kry, suiker wil nie af nie” Marietha Rheeder

Foto: Vian en Marlé Louw





