Strafbare manslag ondersoek ná trekker oor vrou op plaas ry

Lees ook :

Foto's: SAPD

MPUMALANGA. – Fetjie Virginia Mngomezulu (61) het Woensdag op die plaas Elim in Breyten, naby Ermelo, gesterf toe ‘n trekker wat sy wou stop bo-oor haar gery het. Die Breyten-polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag.

Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê die polisie is ná ‘n ongeluk op die plaas langs die N11 ontbied. Met hulle aankoms is twee mans op die toneel aangetref. Een het homself as James Mngomezulu voorgestel. Die liggaam van ‘n volwasse vrou in ‘n plas bloed op die grond, wat geen tekens van lewe getoon het nie, is aan die polisie uitgewys.

Mngomezulu, die oorledene se eggenoot, het aan die polisie verduidelik dat hy ’n oproep van sy plaaswerkers ontvang het dat ’n trekker besig was om sy land te ploeg. Hy en ’n familievriend, ene Xaba, het hulle na die plaas gehaas om die situasie te ondersoek. Met hulle aankoms op die plaas het sy vrou uit die voertuig geklim en probeer om die trekker tot stilstand te bring deur haar hande te waai. Sy is egter deur lemme agter aan die trekker getref, waarna die trekker oor haar gery het.

Ndubane sê die trekkerbestuurder het na bewering ná die voorval aangehou ry en het eers sowat 900 meter van die toneel af tot stilstand gekom. Nooddienste het die vrou op die toneel dood verklaar.

Die ondersoek duur voort. Die saakdossier is aan die kantoor van die senior openbare aanklaer voorgelê vir ’n besluit en verdere riglyne oor moontlike vervolging. Daar is nog geen inhegtenisnemings gemaak nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief