Student dood en een beseer in geweld op WSU-kampus

Lees ook :

Foto's: Buffalo City Insider

OOS-KAAP. – ‘n Skietery het vanoggend (Dinsdag) op die Walter Sisulu Universiteit se Mthatha-kampus uitgebreek. ‘n Student het gesterf en nog een is tydens die insident beseer.

Brig. Nobuntu Gantana sê na bewering het studente sedert Maandagaand oor die slegte toestand van hulle studenteverblyf bymekaargekom. Vanoggend omstreeks 07:00 is studente na die koshuisbestuurder se huis op die perseel, waar hy saam met sy familie bly, om hom te konfronteer. Tydens die konfrontasie het hy glo twee mansstudente geskiet en is sy voertuig glo aan die brand gesteek en sy vrou met ‘n harde voorwerp oor die kop geslaan. Een van die gewonde studente het op die toneel gesterf, terwyl die ander een vir mediese behandeling na ‘n hospitaal gehaas is.

Volgens Gantana moes Mthatha se openbare orde polisiëring die koshuisbestuurder en sy gesin van die perseel af red. Die polisie is steeds in die omgewing van die kampus teenwoordig, waar studente probeer om die N2-hoofweg te versper.

Gantana sê nog geen arrestasies is gemaak nie, omdat die polisie deur die studente verhinder word om by die misdaadtoneel en getuies uit te kom.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief